Meganiese ingenieurswese

Meganiese ingenieurswese is 'n ingenieurstak wat ingenieursfisika en wiskundige beginsels met materiaalwetenskap kombineer om meganiese stelsels te ontwerp, ontleed, vervaardig en in stand te hou.[1] Dit is een van die oudste en mees uiteenlopende vertakkings van die ingenieurswese.

Meganiese ingenieurswese vereis 'n begrip van kernareas, insluitend meganika, dinamika, termodinamika, materiaalwetenskap, struktuuranalise en elektrisiteit. Bykomend tot hierdie kernbeginsels, gebruik meganiese ingenieurs gereedskap soos rekenaargesteunde ontwerp (CAD), rekenaargesteunde vervaardiging (CAM) en bestuur van produklewensiklusse om vervaardigingsaanlegte, industriële toerusting en masjinerie, verwarmings- en verkoelingstelsels, vervoerstelsels, vliegtuie, watervaartuie, robotika, mediese toestelle, wapens en ander te ontwerp en te ontleed. Dit is die tak van ingenieurswese wat die ontwerp, vervaardiging en bedryf van masjinerie behels.[2][3]

Meganiese ingenieurs ontwerp enjins, kragbronne, ander masjinerie...
...strukture, en voertuie van alle groottes.
  1. "What is Mechanical Engineering?".
  2. engineering "mechanical engineering". The American Heritage Dictionary of the English Language, Fourth Edition. URL besoek 15 September 2020.
  3. "mechanical engineering". Webster's Dictionary. URL besoek 15 September 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search